Online Diens – 5 April 2020

Kry die familie bymekaar, sit terug, en luister na hierdie week se diens, met Ds Stanley Strydom.

  • Prediker: Ds Stanley Strydom
  • Tema: Aan die stuur
  • Skriflesing: Handelinge 1: 12 – 26
5 April 2020 – Ds Stanley Strydom

Tydens die preek maak Ds Stanley verwysings na liedjies wat jy na kan luister. Hier is die links vir daardie liedjies:

  • Ons Koning Kom (Juanita Du Plessis): Link
  • Dierbare Kruis (Die Broers): Link
  • Die Onse Vader (Verskeie Kunstenaars): Link
  • Seilboot (Piet Smith): Link

Online Diens – 29 Maart

‘n Goeie more aan julle tydens hierdie nuwe tye van landswye ‘lockdown’. Maar as ons volhard, sal ons ook deur hierdie situasie kom. Ek hoop julle vind ook hierdie Sondag iets om saam met julle te vat deur hierdie week.

Soos laas Sondag is die diens beskikbaar om te luister of lees op verskeie platforms. Sit gerus terug en luister die diens saam met jou familie.

  • Prediker: Ds Stanley Strydom
  • Tema: Jou gee is jou neem, jou neem is jou gee.
  • Skriflesing: Handelinge 5: 1 – 11
27 Maart 2020 – Ds Stanley Strydom

Tydens die preek maak Ds Stanley verwysings na liedjies wat jy na kan luister. Hier is die links vir daardie liedjies:

Online Diens – 22 Maart

Goeie More. Soos U weet het ons besluit om die normale kerk dienste vir eers af te stel (tot paasnaweek) om die sprei van die COVID-19 virus te help bekamp. Wat ons in plaas daarvan doen is om ‘n opname van die dienste maak en dit op die internet te plaas sodat U en U familie steeds saam die diens kan luister.

Hierdie is die eerste diens wat ons so gaan probeer, laat ons gerus weet via die Whatsapp groep of andersins as U enige voorstelle het hoe ons dit kan verbeter.

Die diens is ook gelink op die kerk se Whatsapp groep.

20 Maart 2020 – Ds Stanley Strydom – Voorwoord
  • Prediker: Ds Stanley Strydom
  • Tema: ‘n Nuwe rat, die uitende van die Lydenstyd
  • Skriflesing: Handelinge 2: 1 – 13
20 Maart 2020 – Ds Stanley Strydom – Deel 2