Welkom by die eerste preek van Ds Willie se 9 kort preke wat vir die volgende 9 dae elke dag vrygestel gaan word.
Preekreeks

Ds Willie gaan vir die volgende klomp dae ‘n preek reeks doen (online). Dit sal op die whatsapp group en hier elke dag gepost word om te kyk/luister na.
Die program is as volg:

Ons hoop julle sal saam met ons na hierdie reeks luister.
Online Diens 17 Mei

Welkom by ons diens vandag. Onthou julle kan die audio-only weergawe van die preek onderaan kry, vir minder data-gebruik.
Audio weergawe
Online Diens 10 Mei: Moedersdag

Goeie more, en welkom by vanoggend se diens op Moedersdag. Soos vorige kere, as julle nie genoeg data het vir die video weergawe nie, onderaan kan julle die audio-only weergawe vind.
Net klank (Minder data gebruik)
Online Diens 3 Mei

Vandag se diens bied ons weer ‘n video preek, asook lofprysing saam met Barend Deysel. Onderaan kan julle audio-alleen weergawes vind wat minder data sal gebruik.
Tema: Wees Daar vir Mekaar
Net Klank (minder data gebruik)
Online Diens 26 April

More aan julle almal. Sit gerus terug en luister na vandag se diens, via audio opname.
Bybelvasvrae: Moregloed vs Winburg

Ons gaan ‘n Bybelvasvra hou waar Moregloed gemeente met Winburg kompeteer.
- Gemeentelede kry 2 weke om 1 Samuel te bestudeer.
- Barend Deysel stel toets op van 50 punte wat aan die leraar van elke gemeente gewhatsapp word op 4 Mei.
- Ds versprei toets aan gemeentelede.
- Elke gemeentelid wat deelneem, kry sy eie memo op 5 Mei en merk self. Gemerkte antwoordstelle word afgeneem en aan u betrokke ds gestuur per whatsapp.
- Elke ds stuur sy gemeente se wenner se antwoordstel op Donderdag 7 Mei aan Barend Deysel per whatsapp en albei dominees word dieselfde dag van wenners ingelig.
- Die verloor gemeente se ds stuur video aan Barend Deysel op Saterdag 9 Mei sodat boodskap op Sondag 10 Mei versprei kan word.
- Hierdie inisiatief word geloods sodat ons as kinders van die Here intensiewe Bybelstudie gedurende hierdie tydperk van lockdown kan doen. Wenner van elke gemeente kry n pak chomps.
Ds Willie:
Soos julle weet is ons gemeente in ‘n kompetisie met NG Gemeente Winburg. Ons gaan ‘n Bybelvasvra hou op die 4de Mei en daarom my boodskap aan julle.
Die doel van die boodskap is om julle uit te nooi om saam met ons deel te neem aan die Bybelvasvra. Ek is diep in my hart oortuig as ons as gemeente saam kan werk ons die NG Gemeente Winburg ore sal kan aansit. Ek is bereid om tyd in te sit en saam met julle hierdie vasvrae te doen.
Maar het elkeen se hulp nodig.
Kom ons gaan vir die volgende 2 weke en lees en werk deur 1 Samuel. Gaan lees en maak notas oordink die teks, sodat wanneer ons die vasvrae ontvang ons maklik die antwoorde sal kan invul. Kom ons as gemeente van Môregloed wys wat ons kan doen deur NG Winburg te wen.
Ek hoop julle is in saam met my.
Kom ons gebruik die tyd ook om ons kennis oor die woord van die Here te te laat groei. Pa, Ma en kinders hier is ‘n goeie geleentheid om saam Bybel te lees en saam geestelik verryk te word.
Kom ons gaan groot en Kom ons gaan wen.
Groete
Ds. Willie
Online Diens 19 April

Goeie more! Met die lockdown wat aanhou vir nog ten minste twee weke, sal ons aanhou om online en via Whatsapp die dienste vir julle deur te gee.
Sit terug, en luister na Ds Willie Korb se preek vanoggend.
Ons herinner net weer, indien u ‘n bydrae kan gee vir kollekte of u maandbydrae, kan dit per EFT gedoen word (ABSA 1430 1616 24), of ‘n koevert kan in die posbus gegooi word by Ilse.
Ons gemeente het steeds finansiële verpligtinge wat nagekom moet word en ons inkomste het baie gedaal, so ons vra dat u ons asseblief daarmee help indien dit vir u moontlik is.
Online Diens – Paas Sondag 2020

Vandag vier ons die opstanding van Jesus!
- Prediker: Ds Willie Korb
- Tema: God se bewys van Sy liefde
- Skriflesing: Johannes 13:1
Online Diens – Goeie Vrydag 2020

Vandag vier ons Goeie Vrydag. Luister gerus saam na die nagmaal diens voorberei deur Ds Willie.
Die eerste snit is die instelling van die nagmaal. U kan dit gerus saam vier in U huise met ‘n stukkie brood en druiwesap (of iets wat amper dieselfde is).
Hieronder volg die preek vir vandag.
