Vrouediens
Die Vrouediens is die grootste bedieningsgroep in NG Môregloed gemeente. Hulle samel geld in, help by meeste funksies, sorg vir blomme in die kerk, tee na eredienste, en vele ander dinge in en om die gemeente. Hulle help mense wat finansieel sukkel, en bestuur verskeie hulpmiddels.
Koskas
Die koskas word gebruik om mense in die gemeente te help.
Enige nie-bederfbare items, ook hondekos, is welkom. Plaas asseblief alle kos in die houer by die hoofdeur.
Klerestoor en Algemene Goedere
Ons handhaaf ‘n klein stoor van klere en goedere wat verkoop word op sekere dae.
Die volgende skenkings sal waardeer word:
- Breek- en kombuisware
- Meubels
- Beddegoed
- Komberse
- Handdoeke
- Klere
- Skoene (Enige groottes)
Vooraad kan in die kerkportaal gelos word of afhaal kan gereël word.
