Goeie More. Soos U weet het ons besluit om die normale kerk dienste vir eers af te stel (tot paasnaweek) om die sprei van die COVID-19 virus te help bekamp. Wat ons in plaas daarvan doen is om ‘n opname van die dienste maak en dit op die internet te plaas sodat U en U familie steeds saam die diens kan luister.
Hierdie is die eerste diens wat ons so gaan probeer, laat ons gerus weet via die Whatsapp groep of andersins as U enige voorstelle het hoe ons dit kan verbeter.
Die diens is ook gelink op die kerk se Whatsapp groep.
- Prediker: Ds Stanley Strydom
- Tema: ‘n Nuwe rat, die uitende van die Lydenstyd
- Skriflesing: Handelinge 2: 1 – 13
