Mannekamp: Die Gesinsman volg Jesus.

Mannekamp: Die Gesinsman volg Jesus.

Ons nooi alle manne oud en jonk uit na hierdie geleentheid die naweek van 12 – 14 April 2019.

Dit beloof om ‘n baie verrykende ervaring te wees om saam met ons broers by die voete van ons Vader te sit, terwyl Hy ons uit Sy skatte seёn met wysheid en insig in die plan wat Hy vir ons het.

As die man na die Here draai volg sy gesin hom. As gesinne na die Here draai, draai gemeenskappe na die Here toe. As gemeenskappe na die Here draai, draai die nasie na die Here toe. Kom ons meld aan op die roepstem van die Here en neem verantwoordelikhied vir onsself, gesinne, gemeenskappe en nasie.

Die program is vol lering en gesels rondom sake wat insny in die kern van die man en sy plek in sy gesin. Selfs in die omstandighede van vandag, is God in beheer en die enigste onveranderlike waarop ons kan reken. Kom ons soek Sy aangesig en vra Sy rigting  en leiding vir ons in hierdie tyd wat ons soms so mismoedig laat.

  1. Vrydagaand kry ons mekaar by die terrein (aanwysings onderaan) en rig ons lêplek in vir die naweek. Ons leer mekaar ken terwyl ons die innerlike voed met tradisionele kos wat ons in ons kinderjare leer ken het.
  2. Daarna gesels ons oor ons stasie. Wat is die rede vir hierdie afspraak met ons? Wat is God se plan vir my as man? Waar vind ek myself? Watter rigting moet ek inslaan? Ek gaan saam.
  3. Laataand het ons ‘n aandgedagte, voor ons gaan rus.
  4. Saterdagoggend word ons wakker met die bekende reuk van koffie en beskuit. Gelsels en leer ken.
  5. Die program slaan af met ‘n dieper gesprek oor die verantwoordelikheid van jou as man in jou gesin.
  6. Hierna geniet ons ‘n ligte ete met koffie of koeldrank.
  7. Die lekker plaaslewe is daar om te geniet terwyl ons oordink waaroor ons gesels het.
  8. Daarna gaan die gesprek dieper oor die huwelik en die geskenk daarvan uit die hand van ons Vader.
  9. Na middagete rig ons, ons fokus op een van die grootste struikelblokke vir die gesinsman: substansafhanklikheid. Hierdie uitdaging lê soveel van ons broers aan bande, terwyl ons gesinne uitmekaar val.
  10. Na die breuk kom ons terug na die visie van die Here vir ons gesin. Ons gesels oor die koninkryk van ons Heer en waar ek inpas.
  11. Die aand bring ons om die kampvuur deur en gooi ‘n vleisie op die kole. Ons deel ons verhale met mekaar en gesels oor alles wat die lewe laat tik.
  12. Ons het dan geleentheid vir lofprysing en getuienisse. Sien hoe die Here manne se lewe in vandag se tyd aanraak en seёn. Hy leef in ons en deur ons! Laat ons daarvan vertel!
  13. Aandgedagte en rus in die skoon buitelug.
  14. Sondagoggend geniet ons vir oulaas koffie en beskuit saam ons broers terwyl ons gesinne by ons aansluit.
  15. As God se kinders, dien ons Hom in die boskapel tydens ons erediens.
  16. Hierna keer ons huiswaarts.

Ons sien uit na hierdie geleentheid. Kom deel dit met ons. Die terein is ongeveer 20 km vanaf Môregloed. (GPS Lat -25.638981 Lon 28.313943) Dit maak dit moontlik vir jou om in en uit te ry as jy voel jy wil nie oorbly nie. As jy nie kampgeriewe het nie, bring ‘n matras en beddegoed. Ons slaap in die saal as jy dit verkies.

Laat weet asb as jy belangstel sodat ons weet hoeveel manne om voor reg te maak. Jy kan vir Wimpie skakel, sms of whatsapp op 0832546023. Jy kan ook ‘n E-mail aan die skriba by ilsevh@ngkerkmoregloed.co.za stuur sou jy dit verkies.

Sien uit om jou daar te sien.

Groete

Boeta’s


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *