Bybelvasvrae: Moregloed vs Winburg

Ons gaan ‘n Bybelvasvra hou waar Moregloed gemeente met Winburg kompeteer.

  • Gemeentelede kry 2 weke om 1 Samuel te bestudeer.
  • Barend Deysel stel toets op van 50 punte wat aan die leraar van elke gemeente gewhatsapp word op 4 Mei.
  • Ds versprei toets aan gemeentelede.
  • Elke gemeentelid wat deelneem, kry sy eie memo op 5 Mei en merk self. Gemerkte antwoordstelle word afgeneem en aan u betrokke ds gestuur per whatsapp.
  • Elke ds stuur sy gemeente se wenner se antwoordstel op Donderdag 7 Mei aan Barend Deysel per whatsapp en albei dominees word dieselfde dag van wenners ingelig.
  • Die verloor gemeente se ds stuur video aan Barend Deysel op Saterdag 9 Mei sodat boodskap op Sondag 10 Mei versprei kan word.
  • Hierdie inisiatief word geloods sodat ons as kinders van die Here intensiewe Bybelstudie gedurende hierdie tydperk van lockdown kan doen. Wenner van elke gemeente kry n pak chomps.

Ds Willie:

Soos julle weet is ons gemeente in ‘n kompetisie met NG Gemeente Winburg. Ons gaan ‘n Bybelvasvra hou op die 4de Mei en daarom my boodskap aan julle.

Die doel van die boodskap is om julle uit te nooi om saam met ons deel te neem aan die Bybelvasvra. Ek is diep in my hart oortuig as ons as gemeente saam kan werk ons die NG Gemeente Winburg ore sal kan aansit. Ek is bereid om tyd in te sit en saam met julle hierdie vasvrae te doen.

Maar het elkeen se hulp nodig.

Kom ons gaan vir die volgende 2 weke en lees en werk deur 1 Samuel. Gaan lees en maak notas oordink die teks, sodat wanneer ons die vasvrae ontvang ons maklik die antwoorde sal kan invul. Kom ons as gemeente van Môregloed wys wat ons kan doen deur NG Winburg te wen.

Ek hoop julle is in saam met my.

Kom ons gebruik die tyd ook om ons kennis oor die woord van die Here te te laat groei. Pa, Ma en kinders hier is ‘n goeie geleentheid om saam Bybel te lees en saam geestelik verryk te word.

Kom ons gaan groot en Kom ons gaan wen.

Groete
Ds. Willie

Leave a Reply